Aardklop is weer terug op die Bult, en vir Potchefstromers is dit goeie nuus! Die Akker restaurant is daarom ook tjok-en-blok en om daardie rede kry hulle 'n spesiale Aardklopspyskaart, sodat geen van die items te lank vat om voor te berei nie. Ek is vrye teuels gegee met die ontwerp van die spyskaart, en het my man, Eddie, gevra om die foto's hiervoor te neem. Die eindproduk is 'n A5 boekie wat gelamineer is. Coffee Country by Mooirivier Mall in Potchefstroom wou 'n nuwe spyskaart laat maak. Die spyskaart moes A3 grootte wees, en daar moes ook 'n paar foto's bykom. Met ander woorde, net 'n enkel bladsy wat aan albei kante gedruk is. Sulke spesifikasies verskaf altyd 'n lekker uitdaging van meet-en-pas! Die spyskaart word so gevou dat dit A4 groot is as dit toe is. (Elke kant word na binne toe ingevou.) Foto's geneem deur Towerlantern Fotografie.
0 Comments
Your comment will be posted after it is approved.
Leave a Reply. |