Bertha Spies het my gevra om 'n grafiese voorstelling van 'n musiekkomposisie te maak. Dit is vir 'n artikel wat voorgelê moes word vir 'n vaktydskrif. Die musiekstuk, Architectura, kan hier beluister word: https://youtu.be/uVzs5gfvGWg
0 Comments
Ek word gereeld genader om uitnodigings vir geleenthede te maak. Soms kom die kliënt met 'n spesifieke idee, en ander kere word daar klomp inspirasie-foto's vir my gestuur. Ek probeer om elke uitnodiging uniek te maak.
Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult het elke jaar 'n Fokustyd waartydens die gemeente op dieselfde tema fokus en hierdie jaar was dit uit Efesiërs 3:14-21 -- daar is dagstukkies en die preke fokus ook spesifiek op die tema. Ek moes die uitleg van hierdie boekie doen. Laai dit gerus hier af.
Danielle Clayton van Purple House Properties het my gekontak om al die grafiese ontwerpe vir hulle nuwe besigheid te doen. Wat sal als nodig wees vir 'n nuwe eiendomsagentskap om aan die gang te kom? Logo, besigheidskaartjie, briefhoof, lêers, baniere, pamflette, vlaggies, borde vir 'te koop', 'verkoop' en 'op skou'. En dis maar net die begin!
Die Here het werklik hierdie groot projek geseën, en ek kan getuig van 'n goeie besigheidsverhouding en gelukkige kliënte. Danielle se oorspronklike idees het 'n werklikheid geword in die ontwerpe, en dit was lekker om hulle eerste skou te kon bywoon om als in 'lewende lywe' te sien! Ek sien uit om in die toekoms weer saam met Purple House Properties se span te werk! Soos ek al voorheen op my Blog genoem het, maak ek graag elektroniese uitnodigings. Hierdie uitnodiging was vir 'n ooievaarstee, en hulle wou pastelkleure, paisley-patrone en uiltjies as tema gehad het.
Dis belangrik dat jou besigheid se korporatiewe identiteit altyd blink gepoets is. Vir Madelyn Geldenhuys moes ek 'n nuwe ontwerp skep. Anke Cloete, 'n kliniese sielkundige hier in Potchefstroom, het gevra dat ek vir haar 'n webblad moet maak. Haar webblad is pas gefinaliseer, en toe het ek sommer ook haar briefhoof en besigheidskaartjie opdateer met haar webadres: www.ankecloete.co.za Ek het al voorheen Cum Laude Language Practitioners se logo en briefhoof ontwerp, maar hulle het nou so paar ekstra items laat ontwerp.
Een van Colourcode se projekte wat al van 2013 af kom is nog steeds aan die gang. Ria Raath en Mignon van Vreden het KABV / CAPS boeke saamgestel, wat geskryf is vir onderwysers van Gr R-leerders. Hierdie boeke fokus op musiek, wetenskap, wiskunde, huistaal, om net 'n paar te noem.
Die Afrikaanse weergawes van Kwartaal 1 tot 4 is afgehandel, en Kwartaal 3 se Engelse weergawe is pas afgehandel. Nou is dit nog net Kwartaal 4 se Engelse weergawe, en dan is daar 8 boeke se uitleg en ontwerp agter die rug. Inderdaad 'n groot werk, maar tog baie lekker! Hier is kwartaal 3 (Afrikaans) se voorblad en 'n voorbeeld van hoe dit binne-in lyk. Dis altyd 'n groot lekkerte om 'n fotoboek deur te blaai. Om die goeie herinneringe in 'n mooi boek vas te vang is kosbaar. 'n Foto-album lyk dalk aanvanklik netjies, maar deur die jare val die foto's uit en dit lyk nie meer mooi nie. Alhoewel fotoboeke duur is, is dit ook duursaam en die drukwerk op glanspapier lyk vir baie jare nog mooi.
Hierdie fotoboek is 'n paar jaar na Izak en Willemijn se troue gemaak: Conro het twee geword en sy Mamma en Pappa het vir hom 'n "Plaas"-partytjie gehou.. Daar is eers 'n "Save the date" uitgestuur, en toe op 'n later stadium die uitnodiging.. Hulle wou ook 'n spesiale plakkaat maak met interessante feite van Conro.. Hierdie plakkaat is by sy partytjie opgesit as deel van die dekor.. Ek het laas jaar Premier Accountants se korporatiewe beeld ontwerp en ook hul webblad (www.p-acc.co.za) gedoen. Hul besigheid het vinnig gegroei, en hulle het onlangs uitgebrei en ook Premier Auditors gestig.. Alhoewel die logo's amper dieselfde is, verskil net die kleur.. Dis belangrik dat kliënte kan sien dis nog dieselfde betroubare diens, maar 'n nuwe afdeling in die besigheid. In 2011 het Esfané my gevra om 'n logo vir hulle te ontwerp.. Hulle het 'n Friesperd- en Afrikanerbeesstoet en wou graag elemente van albei diere in hul logo hê.. Ons het toe besluit om die swart vir die Friesperde en rooi vir die Afrikanerbeeste te gebruik.. Ons het heelwat advertensies, borde, kalenders en korporatiewe items in hierdie styl gemaak.. Op 'n stadium het die styl wel meer begin neig in die natuurlike en aardse rigting, en ek het al hoe meer begin om tekstuur en bruin in die ontwerpe in te werk. Hierdie jaar het ons toe besluit om al die korporatiewe items te verander in hierdie nuwe styl.. Die webblad (www.esfanefriesperd.co.za), borde en advertensies is toe als so verander..
|