Vir heerlike koffie, hoef mens nie verder te kyk as Common Ground Coffees (www.commongroundcoffees.co.za) nie! Colourcode Designs moes die ontwerpe gemaak het vir hul verpakking, en ek kon lekker rondspeel! Ek het die land van waar die koffie af kom se kaart-silhoeët as inspirasie gebruik, en dit deel van die ontwerp gemaak. Die kleure wat gebruik is, is gedempte kleure maar ook so gekies sodat jy die kleur pakkie van jou gunsteling soort kan onthou. Elke koffie het sy eie unieke eienskappe, en party is ook meer geskik vir bv. 'n aeropress of 'n perkuleerder. Hierdie ikone het ek ook geskep, en kan op die onderste gedeelte van die ontwerp gesien word.
0 Comments
Your comment will be posted after it is approved.
Leave a Reply. |