Boekuitleg mag dalk vir baie mense lyk na 'n eenvoudige proses. Jy skep 'n templaat, en voer die teks in...
Dit is egter hoegenaamd nie die saak nie, en om 'n boekuitleg-projek aan te pak moet jy (en die kliënt) baie presies wees. Vooraf moet die teks eers 'n paar keer geredigeer word, en illustrasies en ander byvoegings moet bymekaargemaak word. 'n Projek soos "The Girls in the Baobab" het lank gevat. Nie net omdat dit 'n boek van oor die 200 bladsye is nie, maar omdat ons dit graag perfek wou hê. Elke onnodige spasie, lyntjie of iets wat nie oplyn nie moes reggemaak word. Hier is 'n kort uittreksel van Jaco Kruger se boek [kliek hier]. Ek is trots om Colourcode Designs se naam te koppel aan hierdie projek! Foto's van die boekbekendstelling is hier, en meer inligting oor "The Girls in the Baobab" is hier.
0 Comments
Your comment will be posted after it is approved.
Leave a Reply. |