Ek is onlangs gevra om die Kampusdagboek vir NWU Vaaldriehoekkampus te maak. Dit was 'n heerlike ervaring, omdat ek meer kreatief as ooit vantevore moes wees, en ek moes ook in die Vaaldriehoekstudent se kop inklim.
Net omdat ek 6 jaar terug nog 'n student was, sê nie dat ek bekend is met die styl wat nou gewild is nie. Ek het besluit om bietjie navorsing te doen oor trends en ook inspirasie te put uit die "Proudly South African"-tema. Helder kleure is ook 'n belangrike tema wat reg deur gebruik word.
Vaal se "mascot" is 'n eend, genaamd Vuvu. Vuvu maak speels sy verskyning reg deur die dagboek. Omdat die kampus ook geleë is in 'n omgewing met baie diere, is bokke en renosters ook gebruik.
Om trots Suid-Afrikaans te wees gaan nie oor "my taal" of "jou taal" nie. Dit gaan daaroor om ander kulture te leer ken en dit jou eie te maak. Daarom is woorde van verskillende kulture ook in die boek geplaas.