Colourcode Designs word in November al 8 jaar oud, en om dit te vier gaan ons vir een gelukkige wenner 'n fotoboek gee!
Al wat jy moet doen om hierdie prys ter waarde van R1000 te kan wen is die volgende:
Of jy nou jou fotoboek gaan wil gebruik vir foto's van jou troue, tuin of hond... dit maak glad nie saak nie! Daar is egter wel 'n paar bepalings en voorwaardes waarvan jy moet kennis neem.
Al wat jy moet doen om hierdie prys ter waarde van R1000 te kan wen is die volgende:
- Like Colourcode Designs se page op Facebook.
- Vertel ons hoekom jy 'n fotoboek nodig het!
Of jy nou jou fotoboek gaan wil gebruik vir foto's van jou troue, tuin of hond... dit maak glad nie saak nie! Daar is egter wel 'n paar bepalings en voorwaardes waarvan jy moet kennis neem.
- Die fotoboek is A4 grootte (landskap- / portretformaat... jou keuse!) en sluit ontwerp en drukkostes in.
- Die boek is 'n hardeband boek met 'n kleurfoto-buiteblad. Die boek bestaan uit 40 bladsynommers (dus 20 bladsye aan albei kante gedruk). Bladsye in boek kan kleur / swart en wit wees (geen beperking).
- Die wenner sal op Facebook en op die webblad aangekondig word op 24 Oktober 2016.
- Foto's vir die ontwerp moet teen 1 November 2016 aan Colourcode Designs beskikbaar gestel word. Die foto's moet hoë resolusie wees (300 dpi, en minstens 2mb groot) en daar mag nie meer as 70 foto's wees nie. Colourcode Designs sal self die uitleg maak, so sommige foto's sal nie noodwendig gebruik word nie. Indien die wenner 'n spesifieke foto in die boek wil hê, of op 'n spesifieke plek, dan moet dit gemerk word.
- Die wenner moet die foto's op Dropbox aan Colourcode Designs beskikbaar stel. As alternatief kan die foto's ook op CD beskikbaar gestel word (eie onkoste van wenner).
- Aflewering van boek in Potchefstroom is gratis, maar indien gepos moet word is die koste hiervan vir die wenner self.
- Drie hersienings van die ontwerp is ingesluit by die prys.
- Die ontwerp bly die eiendom van Colourcode Designs.
- Ekstra drukke / kopieë sal addisioneel geprys word.
- Die prys mag nie verkoop word of in geldwaarde verruil word nie.
- Die wenner sal deur 'n onafhanklike paneel aangewys word.
- Die prys sal verbeur word as daar nie by die bepalings en voorwaardes gehou word nie.