Dit is die derde jaar wat ek gevra is om die vakjoernaal, Vir die Musiekleier, se uitleg te behartig. Dit het sommer 'n hele paar interessante navorsingsartikels van die Suid-Afrikaanse Kerkorreliste Vereniging (SAKOV) in. Hier is 'n uittreksel daarvan.
0 Comments
Elke kliënt het 'n verskillende behoefte vir sy webblad. Maar die belangrikste ding om te onthou is dat jou webblad uniek kan lyk (en nie soos 'n Facebook kloon nie). Jou webblad dra jou identiteit oor en skep daardie eerste indruk wat jy nie altyd self kan skep nie. Hierdie drie webbladsye het my onlangs besig gehou (dit is in Wordpress of Weebly gemaak).
Soms gebeur dit dat my idee nie heeltemal ooreenstem met wat die kliënt in gedagte het nie. En ek pas graag aan by wat die kliënt wil hê! Maar hierdie ontwerp was een van my heel beste ontwerpe, en nou spook hy by my! :) So ek deel dit graag hier op my blog.
Die plakkaat sou vir 'n opedag gewees het, en die belangrike fokus was om jongmense van verskillende groepe se aandag te trek. Om die kliënt te beskerm, het ek die instansie se naam uitge'blur'. Liza Labuschagne is al vir jare bekend in die Eiendomsbedryf in Potchefstroom. Sy het egter onlangs besluit om op haar eie besigheid te begin doen. Sy het my gevra om haar logo en ander korporatiewe ontwerpe te maak. Sy wou graag hê dit moet bietjie anders as die ander eiendomsagente s'n lyk. Sy het ook spesifiek die turkoois-groen in gedagte gehad vir haar korporatiewe kleur. Joggie Muller Busdienste het reeds 'n logo gehad, maar wou graag 'n nuwe baadjie daarvoor hê, en ook dat hul briefhoof, besigheidskaartjies en korporatiewe ontwerpe bymekaar pas. Ek het die logo elektronies oorgeteken in Vector formaat. (Dit beteken dat die logo se kwaliteit goed genoeg is om reusagtig te vergroot en dit pixelate nooit nie. *Dis wel nie van toepassing op hierdie foto nie, want dit is verklein vir die webblad.)
Dis altyd vir my vreeslik lekker om uitnodigings te ontwerp. Veral vir kinderpartytjies! Die mamma gee vir my 'n tema, en ek speel lekker rond! Hier is 'n paar onlangse voorbeelde:
In Gr 11 is dit altyd 'n groot kopkrap -- na watter universiteit moet ek gaan? Die Universiteit van Stellenbosch het my gevra om die ontwerpe te maak vir hul Gr 11-voorlegging. Dit word by verskillende skole gewys met meer inligting oor die universiteit.
Hier is slegs enkele van die 'slides' wat in die Powerpoint gebruik word. Kiddi Beat wou graag hul webblad oordoen en het my daarvoor genader. Kiddi Beat bestaan uit drie afdelings (Gospel, Musiekspesialiste, Education) wat deur verskillende spanne bestuur word, so hierdie was 'n uitdaging om seker te maak als pas steeds goed by die Kiddi Beat eenheid. Kyk gerus hier na hul webblad: http://www.kiddibeat.co.za/
Ek moes ook ikone en ontwerpe skep met hul logo as inspirasie. Die Akker het onlangs hul interieur verander en daarom was dit ook hoogtyd vir 'n nuwe logo en korporatiewe identiteit. Die nuwe spyskaart sal nog op 'n later stadium kom, maar hier is die logo en tafeladvertensies solank.
Premier Accountants in Louis Trichardt is binnekort een jaar oud, en hulle vier dit met 'n Kaas-en-wyngeleentheid. Ek moes die uitnodiging ontwerp sowel as 'n banier wat hulle by die funksie kan gebruik.
|