Die wenner van ons fotoboekkkompetisie was Ananda van der Walt. Ananda wou graag 'n boek hê met al hul familieherinneringe oor die afgelope paar jaar. Hier is 'n paar bladsye vanuit haar fotoboek.
0 Comments
Colourcode Designs word in November al 8 jaar oud, en om dit te vier gaan ons vir een gelukkige wenner 'n fotoboek gee!
Al wat jy moet doen om hierdie prys ter waarde van R1000 te kan wen is die volgende:
Of jy nou jou fotoboek gaan wil gebruik vir foto's van jou troue, tuin of hond... dit maak glad nie saak nie! Daar is egter wel 'n paar bepalings en voorwaardes waarvan jy moet kennis neem.
Aardklop is weer terug op die Bult, en vir Potchefstromers is dit goeie nuus! Die Akker restaurant is daarom ook tjok-en-blok en om daardie rede kry hulle 'n spesiale Aardklopspyskaart, sodat geen van die items te lank vat om voor te berei nie. Ek is vrye teuels gegee met die ontwerp van die spyskaart, en het my man, Eddie, gevra om die foto's hiervoor te neem. Die eindproduk is 'n A5 boekie wat gelamineer is. Coffee Country by Mooirivier Mall in Potchefstroom wou 'n nuwe spyskaart laat maak. Die spyskaart moes A3 grootte wees, en daar moes ook 'n paar foto's bykom. Met ander woorde, net 'n enkel bladsy wat aan albei kante gedruk is. Sulke spesifikasies verskaf altyd 'n lekker uitdaging van meet-en-pas! Die spyskaart word so gevou dat dit A4 groot is as dit toe is. (Elke kant word na binne toe ingevou.) Foto's geneem deur Towerlantern Fotografie. Towerlantern Fotografie bied al vir 'n hele paar jaar kursusse hier in Potchefstroom aan. Hulle het egter nou besluit om ook aanlynkursusse te begin. Dit beteken jy kan in London of Kathu wees, en solank as wat jy internet het kan jy hierdie kursus doen. Dit bestaan uit 'n 6-weke kursus en die inligting word dan weekliks vir jou ge-e-pos. Ek moes die uitleg doen van al die kursusmateriaal -- hier is 'n voorbeeld. Mignon van Vreden het 'n nuwe boek met musiek geskryf, Peuterpraatjies. Hierdie boek het soveel lekker liedjies en projekte in, dat ek sommer lus is om vir myself een te kry! Die boek word in swart-en-wit gedruk om koste te bespaar. Dit word ook saam met 'n musiek-CD uitgegee. Die Akker restaurant in Potchefstroom bring binnekort 'n nuwe "special" uit. Hier is solank 'n lusmakertjie! Ek moes die ontwerp vir die plakkaat en sosiale media maak. Die foto is geneem deur Towerlantern Fotografie. Hierdie "special" is nog nie aan die gang nie, maar Colourcode Designs se blog-besoekers mag seker darem vooraf daarvan weet sodat hulle eerste in die tou kan staan :) Baobab is 'n musiekgroep wat in die Kaap is, maar deur die hele land opvoerings doen. Hulle wou graag 'n banier hê wat hulle by vertonings kon opslaan. La Boheme is 'n venue in Potchefstroom en het onlangs 'n Bruidskou aangebied. Ek moes die advertensies en plakkate daarvoor ontwerp. Die venue word ook vir ander funksies gebruik, en hulle het my ook gevra om 'n uitnodiging vir 'n dans te maak wat op sosiale media versprei kon word. Purple House Properties is een van my gereelde kliënte, en hulle het 'n hele paar ontwerpe nodig gehad. Hulle begin spesifiek om eiendomme op sosiale media te adverteer, en ek het vir hulle 'n templaat ontwerp. Nou kan hulle self al die inligting gereeld opdateer, maar als pas steeds in hul korporatiewe eenheid.
Ek moes onlangs logo's vir twee van my kliënte ontwerp het. Dis aanvanklik moeilik om te weet wat 'n kliënt wil hê, maar tog opwindend om op die pad saam met die kliënt te stap! Ek maak gewoonlik twee of drie voorstelle, waarna ons klein veranderinkies maak om seker te wees dit is wat die kliënt wil hê. Math-a-Music is 'n naskoolse musiek- en wiskundesentrum in Potchefstroom, en word bedryf deur Grethe Uren. Alhoewel dit klasse aanbied vir klein kinders, is dit juis ook vir hoërskoolkinders. Die ontwerp moes dus albei belangegroepe in ag hou. Henriëtte van der Zwan is besig met navorsing oor Lovebirds (www.agapornisgenomestudy.org/) en wou graag 'n logo hê om op haar blog te gebruik. Die logo moes die spesifieke spesie en DNA met mekaar kombineer.
Die NWU se studentedagboek word deur duisende studente gekoop en daagliks gebruik. Dit is daarom vir my 'n groot eer om te kan sê ek het die voorblad en enkele ander bladsye ontwerp! Die dagboek word hoofsaaklik deur die studente self ontwerp, maar hier is van die bladsye wat ek ontwerp het. Die voorblad is verder getooi met UV Varnish en goue Foiling. Soos voorheen belowe, deel ek dan nou ook die nuwe Akker spyskaart! Die NWU se Skool vir Natuurwetenskappe en Tegnologie vir Onderwys wou graag hul omgewingskalender se tema ook "Year of Pulses" maak. Hierdie is 'n groot kalender wat teen 'n kennisgewingbord opgesit word en alle belangrike omgewingsdae word hierop aangedui.
Die KABV / CAPS boeke van MASARA is baie goed ontvang, en Mignon van Vreden het besluit om al die musieklessies daarvan saam te vat in een boek: Kreatiewe Klanke vir Kleuters. Loer hier vir 'n lusmakertjie: |