Colourcode Designs
  • Welkom
  • Pryslys
  • Blog
  • Kontak

Ontwerpe

5/10/2016

0 Comments

 
Die Akker restaurant in Potchefstroom bring binnekort 'n nuwe "special" uit. Hier is solank 'n lusmakertjie! Ek moes die ontwerp vir die plakkaat en sosiale media maak. Die foto is geneem deur Towerlantern Fotografie. Hierdie "special" is nog nie aan die gang nie, maar Colourcode Designs se blog-besoekers mag seker darem vooraf daarvan weet sodat hulle eerste in die tou kan staan :)
Picture
Baobab is 'n musiekgroep wat in die Kaap is, maar deur die hele land opvoerings doen. Hulle wou graag 'n banier hê wat hulle by vertonings kon opslaan.
Picture
La Boheme is 'n venue in Potchefstroom en het onlangs 'n Bruidskou aangebied. Ek moes die advertensies en plakkate daarvoor ontwerp. Die venue word ook vir ander funksies gebruik, en hulle het my ook gevra om 'n uitnodiging vir 'n dans te maak wat op sosiale media versprei kon word.
Picture
Purple House Properties is een van my gereelde kliënte, en hulle het 'n hele paar ontwerpe nodig gehad. Hulle begin spesifiek om eiendomme op sosiale media te adverteer, en ek het vir hulle 'n templaat ontwerp. Nou kan hulle self al die inligting gereeld opdateer, maar als pas steeds in hul korporatiewe eenheid.
Picture
Picture
0 Comments

Your comment will be posted after it is approved.


Leave a Reply.

Kopiereg © 2018
Geen reproduksie sonder skriftelike toestemming van Colourcode Designs