Ek is so opgewonde om hierdie projek te deel! Mignon van Vreden is deel van 'n projek getiteld Musicreations. Dit gaan in Mohadin (buurt in Potchefstroom) gebeur, en die fokus is op 'n verskeidenheid kulture.
Sy wou graag hê daar moes musikale interaksie en musiekinstrumente van alledaagse voorwerpe wees. Verder moes dit in die natuur wees (en daar moet musiek in die natuur wees).
Hierdie gemeenskapsprojek is gefokus op peuters (0-4 jaar), maar ook op studente omdat dit 'n "service learning" projek is.
Ek het dit verskriklik geniet om hierdie ontwerp te maak en al die karaktertjies te skep!
*Let op die gebruik van verskillende teksture wat gebruik is. Shwe-shwe laptekstuur is gebruik om die musiek en wind "linte" uit te beeld. Shwe-shwe is 'n materiaal wat baie gewild is in Afrika. Verder is koeranttekstuur en verf in die agtergrond gebruik om die speel van die kinders te beklemtoon. Helder en besig soos 'n peuter!
Die gekombineerde gebruik van foto's (bv. marimba, kartonrol) en illustrasies dra by tot die collage gevoel, maar ook die doen-dit-self / bemagtiging wat agter die projek lê.