Ek moes onlangs logo's vir twee van my kliënte ontwerp het. Dis aanvanklik moeilik om te weet wat 'n kliënt wil hê, maar tog opwindend om op die pad saam met die kliënt te stap! Ek maak gewoonlik twee of drie voorstelle, waarna ons klein veranderinkies maak om seker te wees dit is wat die kliënt wil hê. Math-a-Music is 'n naskoolse musiek- en wiskundesentrum in Potchefstroom, en word bedryf deur Grethe Uren. Alhoewel dit klasse aanbied vir klein kinders, is dit juis ook vir hoërskoolkinders. Die ontwerp moes dus albei belangegroepe in ag hou. Henriëtte van der Zwan is besig met navorsing oor Lovebirds (www.agapornisgenomestudy.org/) en wou graag 'n logo hê om op haar blog te gebruik. Die logo moes die spesifieke spesie en DNA met mekaar kombineer.
0 Comments
Your comment will be posted after it is approved.
Leave a Reply. |