Die Akker se spyskaart is altyd 'n opwindende uitdaging. Die spyskaart wat ek 'n paar jaar terug vir hulle ontwerp het [kyk hier daarna] is een van my projekte waarop ek die trotsste is. Maar dit was tyd om nuut te dink daaroor en 'n nuwe rigting in te slaan. Ja, dit was moeilik om sommer so met 'n goeie idee vorendag te kom!
Dit is nou maar eenmaal so, maar 'n foto van lekker kos kan jou mond laat water. En dit is die idee wat ek gehad het vir Die Akker se spyskaart. My pa, Johan de Klerk van Towerlantern Fotografie, het die foto's geneem terwyl ek die stilering gedoen het (alhoewel dit ook 'n familie-spanpoging was saam met my man en my ma wat gehelp het!). Die uiteinde was 'n spyskaart met duidelike (HD) foto's wat mens moet lus maak om Hier is 'n paar bladsye van die spyskaart om sommer net lus te maak!
0 Comments
Your comment will be posted after it is approved.
Leave a Reply. |